Language 

Our Lady of Medjugorje Messages by month Oktober

Julle weet dat Ek julle wil lei op die pad na die heiligheid. Maar Ek wil julle nie met geweld dwing om heiliges te word. Ek verlang om dat elkeen van julle my help en homself help deur klein offers. So sal Ek jou kan lei en sal jy elke dag nader aan die heiligheid kom. Daarom, liewe kinders, wil Ek jou nie dwing my boodskappe te beleef, maar hierdie lang tyd waarin Ek by julle is, is die teken van my oneindige liefde vir julle. Ek wens dat elkeen van julle 'n heilige word.
Ook vandag nodig Ek julle uit te bid. Liewe kinders, julle kan geen juis beeld van die waarde van die gebed vorm as julle nie teen jouself sê: 'Nou is die tyd om te bid; nou is daar niks belangriker; nou is daar niemand belangriker vir my as God.' Liewe kinders, julle moet jy met 'n besondere liefde aan die gebed wy. So sal God jou sy barmhartigheid kan gee.
Liewe kinders, vandag nodig Ek julle uit om in die Kerk te werk. Ek bemin julle almal met dieselfde liefde en Ek wens dat elkeen na sy eie vermoëns al die moontlike doen. Liewe kinders, julle kan dit, dit weet Ek. Maar julle wil dit nie, omdat julle julle klein en swak voel. Wees moedig en bied bloempjes aan die Kerk en aan Jesus aan, sodat ons almal tevrede wees.
Ek verlang om julle van dag tot dag met heiligheid, goedheid, gehoorsaamheid en liefde tot God te beklee, sodat julle van dag tot dag mooier word en beter in staat is julle God te ontvang. Liewe kinders, luister na my boodskappe en leef daarvolgens. Ek wil julle begelei.
Alle dinge het hul tyd. Vandag nodig Ek julle uit aan jou hart te gaan werk. Tans is die werk op die veld afgelope. Julle vind die tyd om die mees verwaarloosde plekke skoon te maak, maar julle gee geen aandag aan jou hart. Werk meer om nou elke verborge hoek van jou hart met liefde te reinig.
Ek nooi julle weer uit die boodskappe vir die gemeente na te lewe. Ek nodig veral die jeug van hierdie gemeente uit om dit te doen. Liewe kinders, as julle die boodskappe nakom sal julle die nageslag van die heiligheid doen ontkiem. As Moeder Ek roep julle almal op tot heiligheid, sodat julle hierdie aan ander kan oordra. Julle is 'n spieël vir die ander.
Dank God vir alle barmhartigheid wat Hy julle gegee het. Dank die Here vir alle vrugte en prys Hom. Liewe kinders, jy moet leer om Hom te bedank vir die klein dinge, alleen dan kan jy Hom bedank vir die grote.
To compare Medjugorje messages with another language versions choose
<<Previous  1 2 3

 


Wap Home | Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN]

Powered by www.medjugorje.ws